Bella Lyrics By Droomsindroom
Ek sien haar tussen bloeisels van Jakaranda pers
In sekelbos vlamme. In elke liewe vers
Ek voel haar in die golwe en die winde van die Kaap
Ek hoor haar in die stiltes as sy snags met my praat
Bella, Be-e-el-la
Hou vas vir my
Bella, Be-le-le-le-la
Hou vas vir my
Hou net vas vir my
Sy huil sonder trane. Sy weier om te val
Maar almal maak foute, elkeen moet betaal
Sy flikker in die donker sy flikker in my
Sy glimlag deur die storm sy dans deur die reën
Bella, Be-e-el-la
Hou vas vir my
Bella, Be-le-le-le-la
Hou vas vir my
Bella, Be-le-le-le-la
Hou vas vir my
Bella, Be-le-le-le-la
Hou vas vir my
Hou net vas vir my
Leave a Reply